WELKOM BY ONS IN SALZBURG ( OOSTENRYK ): REISGIDS

Salzburg

Hierdie webwerf is 'n omvattende reisgids van die Stad en Staat van Salzburg in Oostenryk. Dit bevat ongeveer 1000 artikels oor Salzburg: Haar kultuur, toerisme-aantreklikhede en ander
Inligting vir ons Internasionale besoekers. Ons poog om Visit-Salzburg.net die mees omvattende aanlyn reisgids in Engels en ander tale te maak.

Wat is uniek aan Visit-Salzburg.net? Ons is almal inwoners, studente en pasafgestudeerdes van Salzburg se Universiteit. Daarom bied ons eerstehandse inligting aan ons lesers. Nie net die gewone toerisme besienswaardighede nie, maar ook heelwat unieke dinge en plekke om te sien en te besoek.

Visit-Salzburg.net het ses verskillende afdelings:

1). Die "Algemene Inligting" afdeling gee basiese inligting oor Salzburg soos veiligheid en gesondheid, kennis van wette, reisplanne, openbare vervoer, die lughawe en waarskuwings Teen dinge om NIE te doen nie! Verder ook besondere inligting oor die kulturele lewe in Salzburg bv. " The Sound of Music" , ski ens.

2). Ons " Foto" afdeling bevat 'n aantal kitsfoto-gallerye met meer as 200 foto's van Salzburg. Volgens hierdie webwerf se filosofie probeer ons om die algemene toerisme-foto's te balanseer met eie foto's van die minder bekende dele van Salzburg.

3). Die "Rondkyk"- afdeling beskik oor honderde artikels van toeriste-aantreklikhede van Salzburg.Moet daarom nie die voorgestelde " 10 beste toerisme aantreklikhede" mis nie. Daar is ook artikels oor dorpe as besoekers hul eie keuses wil maak. Inligting oor moderne argitektuur, plekke van kulture belang en besondere "skatte" .

4). Ons "Salzburg Hotel Leêr" lys verskeie hotelle wat betaal om deur ons te adverteer. Hierdie webwerf word bedryf uit eie wil, maar ons het tog geld nodig om vir die instandhou en uitbreiding van nuwe artikels te betaal. As u die hotelle besoek help u ons om die webwerf aan die gang te hou.

5). Die " Eetplek" - afdeling gee inligting in sake goeie eetplekke wat beter tradisionele kos teen billike pryse aanbied. Meer aandag kan aan die afdeling gegee word. Daar is ook 'n lys van Biertuine en Kafees in Salzburg.

6). Die "Omgewings" afdeling gee voorstelle vir daguitstappies om en verder van Salzburg af. Dit gee ook kort artikels in sake klasieke reisbestemminge in Salzburg en inligting oor enkele munisipaliteite van die Staat Salzburg.

Vertaling van die Visit-Salzburg.net

Visit--Salzburg.net is slegs beskikbaar in Engels. Hierdie bladsy is 'n " hulp bladsy",
vir mense wat nie Engels magtig is nie. As jy nie praat nie Engels glad nie, wil jy dalk die Google vertaling hulpmiddel gebruik ons Salzburg gids te vertaal.

Go to: "Visit-Salzburg.net - Homepage"



Visit-Salzburg.net